2 Corinthians 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het dit aan julle geskrywe, dat ek nie, wanneer ek kom, droefheid sou hê van die oor wie ek bly moet wees nie; met vertroue in julle almal, dat my blydskap die vreugde van julle almal is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf juis dit aan julle sodat ek nie weer daar kom en hartseer gemaak word deur dié mense wat my eintlik moes opgebeur het nie, want ek is oortuig daarvan dat julle almal gelukkig is as ek gelukkig is.
Afrikaans 1933/1953
En ek het juis dit aan julle geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap die van julle almal is.
Afrikaans 1983
Dit is waarom ek liewer aan julle geskrywe het. Ek wou nie daar kom en hartseer gemaak word deur mense wat my gelukkig moes gemaak het nie, want ek is seker daarvan dat julle almal gelukkig is as ek gelukkig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En dit is presies wat ek geskryf het, sodat ek nie, wanneer ek kom, bedroef word deur hulle wat my moes bly maak nie. Ek vertrou op julle almal, dat my vreugde julle almal s'n sal wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het vir julle geskryf oor dinge wat verkeerd is by julle. Ek het dit gedoen sodat ek nie sleg sal voel wanneer ek weer by julle kom nie. Julle moet onthou dat júlle die mense is wat vir mý bly moet maak. En ek is seker dat julle almal ook bly wil wees soos ek bly is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het ek besluit om maar liewer ’n brief aan julle te skryf. Dit was die veiligste keuse. Op dié manier kon ek ten minste sorg dat ek nie deurloop onder julle klomp wie se plig dit eintlik is om my op te beur nie. In elk geval: ek is seker dat julle almal ook gelukkig is wanneer ek gelukkig is. En my keuse om aan julle te skryf eerder as om julle te kom besoek, maak my gelukkig.