2 Corinthians 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want uit baie benoudheid en benoudheid van hart het ek met baie trane aan julle geskryf; nie dat julle bedroef moet word nie, maar dat julle die liefde kan ken wat Ek oorvloediger tot julle het.
Afrikaans (NLV) 2011
Onder groot spanning en beklemming van die hart, en met trane, het ek my vorige brief aan julle geskryf, nie om julle hartseer te maak nie, maar dat julle moet weet dat ek julle besonder baie liefhet.
Afrikaans 1933/1953
Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.
Afrikaans 1983
Ja, met groot bekommernis en beklemming van hart, en onder baie trane, het ek aan julle geskrywe. Dit was nie om julle hartseer te maak nie, maar om julle te laat besef dat ek julle baie liefhet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want met groot kwelling en angs in my hart het ek deur baie trane heen aan julle geskryf, nie om julle te bedroef nie, maar dat julle kan weet van die liefde wat ek in so 'n groot mate teenoor julle koester.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe ek vir julle geskryf het, was ek baie bekommerd en ek was baie hartseer. Ek het baie gehuil toe ek daardie brief geskryf het. Maar ek het dit nie geskryf om julle sleg te laat voel nie. Nee, ek wou hê julle moet weet dat ek baie lief is vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie vir ’n enkele oomblik dink dat dit vir my maklik was om my vorige brief aan julle te skryf nie. My hart was regtig baie seer toe ek dit gedoen het. Onder baie pyn en trane het ek daardie brief na julle toe gestuur. Natuurlik wou ek julle nie omkrap nie. Julle moes juis in my brief agterkom hoe lief ek julle almal het.