2 Corinthians 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat julle hom teendeel liewer moet vergewe en hom vertroos, sodat so iemand nie miskien deur groot droefheid verswelg word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Nou is dit die tyd om só ’n persoon eerder te vergewe en by te staan, anders kan hy deur te veel berou verteer word.
Afrikaans 1933/1953
sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.
Afrikaans 1983
Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gevolglik moet julle hom in plaas daarvan eerder vergewe en bemoedig, sodat iemand soos hy nie dalk deur oormatige droefheid verteer word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal beter wees as julle hom nou vergewe en hom bemoedig, sodat die straf en die hartseer nie te veel word vir hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou moet julle ophou om vir hom kwaad te wees. Vergewe hom en wys vir hom dat julle vir hom omgee. Die arme man voel al sleg genoeg oor sy sonde.