2 Corinthians 3:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar wanneer dit na die Here bekeer, sal die sluier weggeneem word.
Afrikaans (NLV) 2011
Elke keer as iemand hom na die Here toe draai, verwyder Hy die sluier.
Afrikaans 1933/1953
maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
Afrikaans 1983
Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Telkens egter, wanneer iemand hom tot die Here wend, word die sluier afgehaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke maal wanneer iemand na die Here toe gaan, dan haal die Here die sluier af.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sê weer: wanneer hulle hulle tot die Here bekeer, word hierdie sluier voor hulle gesig weggevat. Dán begryp hulle wie die Here regtig is.