2 John 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As daar iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in julle huis nie, en smeek hom nie gou nie.
Afrikaans (NLV) 2011
As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie.
Afrikaans 1933/1953
As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
Afrikaans 1983
As daar iemand na julle toe kom wat 'n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As iemand na julle kom en nie hierdie leer oordra nie, moet julle hom nie in julle huis ontvang nie, en hom nie groet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As daar mense by julle aankom en hulle wil vir julle iets anders leer as wat Christus geleer het, dan moet julle sê hulle mag nie in julle huise inkom nie. Julle moenie vir hulle sê hulle is welkom nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Veronderstel daar daag iemand by julle op en vertel julle allerhande snaakse dinge oor Jesus Christus, wat moet julle doen? Moenie hom in julle huis innooi nie. Om die waarheid te sê, julle moet hom nie eens groet nie.