2 John 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Genade sy met julle, barmhartigheid en vrede van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die genade, ontferming en vrede wat van God die Vader af kom, en van sy Seun, Jesus Christus, met ons wees — ons wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid en die liefde leef.
Afrikaans 1933/1953
genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.
Afrikaans 1983
Die genade, barmhartigheid en vrede wat van God die Vader kom en van Jesus Christus, die Seun van die Vader, sal by ons wees wat in die waarheid en die liefde is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die genade, barmhartigheid en vrede van God, die Vader, en van Jesus •Christus, die Seun van die Vader, sal met ons wees – in waarheid en liefde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat God die Vader en Jesus Christus, die Seun van die Vader, genadig sal wees vir ons en dat Hy vir ons goed sal wees wanneer ons swaarkry. En ek bid dat Hy vir ons vrede sal gee, sodat ons God se waarheid en liefde sal ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons het ook daardie uitsonderlike vrede wat net God kan gee. God, ons Vader, en sy Seun, Jesus Christus, is so goed vir ons, sonder dat ons dit verdien. Ons is mos mense wat elke dag uit God se waarheid en liefde leef.