2 John 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou smeek ek u, dame, nie asof ek 'n nuwe gebod aan u geskryf het nie, maar dit wat ons van die begin af gehad het, dat ons mekaar moet liefhê.
Afrikaans (NLV) 2011
En nou dring ek daarop aan, geagte Vrou, dat ons moet aanhou om mekaar lief te hê. Dit is nie asof ek ’n nuwe opdrag aan julle voorhou nie, maar ’n oue wat ons van die heel begin af het.
Afrikaans 1933/1953
En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u 'n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.
Afrikaans 1983
En nou het ek 'n versoek, geagte vrou. Dit is nie iets nuuts wat ek vir julle voorskrywe nie, maar 'n gebod wat ons van die begin af gehad het: Ons moet mekaar liefhê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nou vra ek jou, vrou, nie as 'n nuwe gebod wat ek aan jou skryf nie, maar as een wat ons van die begin af gehad het, dat ons mekaar moet liefhê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gemeente, ek vra nou vir julle om lief te wees vir mekaar. Dit is nie 'n nuwe wet wat ek vir julle gee nie. Ons het hierdie wet van die begin af.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Liewe vrou, ons moet mekaar liefhê! Ek vra mooi. Ek vra nie nou iets wat ek nie voorheen van julle gevra het nie. Dit is die ou opdrag wat ons nog altyd het.