2 John 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit is die liefde, dat ons volgens sy gebooie wandel. Dit is die gebod: Soos julle van die begin af gehoor het, moet julle daarin wandel.
Afrikaans (NLV) 2011
Liefde bestaan daarin dat ons moet aanhou om volgens sy opdragte te leef. Dié opdrag vra dat ons in ’n hegte verbintenis daaraan moet bly leef, soos julle van die heel begin af gehoor het.
Afrikaans 1933/1953
En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.
Afrikaans 1983
En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En dit is die liefde: dat ons volgens sy opdragte leef. Dit is die opdrag wat julle van die begin gehoor het: dat julle daarvolgens moet leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As ons lief is vir mekaar, dan doen ons wat God vir ons sê. Dit is die wet wat julle van die begin af gehoor het. Dít is wat julle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Liefde is mos niks anders as om volgens die wil van God te leef nie. En wat wil God dan van ons hê? Dít: wat ons doen, moet ons in liefde doen. Ons weet dit al van die eerste dag af dat ons die evangelie gehoor het.