2 John 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom, wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is 'n bedrieër en 'n antichris.
Afrikaans (NLV) 2011
Baie verleiers het die wêreld binnegedring. Hulle hou aan ontken dat Jesus Christus ’n ware mens van vleis en bloed geword het. So ’n persoon is die verleier en die antichris.
Afrikaans 1933/1953
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
Afrikaans 1983
Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want baie verleiers het in die wêreld na vore gekom – dié wat nie bely dat Jesus •Christus as mens gekom het nie. So iemand is die verleier en die Antichris.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is baie mense wat weggegaan het van ons en wat leuens vertel in die wêreld. Hulle sê hulle glo nie dat Jesus Christus regtig 'n mens was nie. Iemand wat so iets sê, lieg. Hy is die antichris.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou iets anders. Pas op! Die wêreld is vol mense wat ander om die bos wil lei. Hulle ontken dat Jesus Christus regtig mens van vlees en bloed geword het. Iemand wat so sê, is die misleier en die antichris. Wees daarom op julle hoede.