2 John 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pas op vir julleself dat ons nie verloor wat ons gedoen het nie, maar dat ons 'n volle beloning ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011
Wees op die uitkyk vir sulke mense sodat ons nie sal verloor waarvoor ons baie hard gewerk het nie, maar eerder die volle beloning sal ontvang.
Afrikaans 1933/1953
Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang.
Afrikaans 1983
Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Let daarop dat julle nie verloor wat ons deur harde werk verkry het nie, maar eerder 'n volle loon ontvang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet versigtig wees! As julle nie versigtig is nie, sal julle alles verloor waarvoor ons gewerk het. As julle versigtig is en dit nie verloor nie, dan sal God die hele beloning vir julle gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie toelaat dat ons werk onder julle ontspoor nie. Julle moet mos nog die volle beloning van God ontvang.