2 John 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Elkeen wat oortree en nie in die leer van Christus bly nie, het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het sowel die Vader as die Seun.
Afrikaans (NLV) 2011
Elkeen wat die leer aangaande Christus verander, het nie deel aan God nie. Wie in ’n hegte verbintenis met dié leer leef, het deel aan die Vader en die Seun.
Afrikaans 1933/1953
Elkeen wat 'n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.
Afrikaans 1983
Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen wat nie by die leer van Christus bly nie, maar verder as dit wil gaan, het God nie; wie by die leer bly, so iemand het die Vader sowel as die Seun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is mense wat anders glo as wat Christus vir ons geleer het. Hulle het nie vir God in hulle harte nie. Maar almal wat aanhou glo wat Christus vir ons geleer het, het die Vader en die Seun in hulle harte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is dus twee moontlikhede: Iemand kan vierkant agter die leer oor Jesus bly staan en so aan die kant van die Vader en die Seun bly staan. Iemand kan in ’n ander rigting koers kry en nie vas bly staan by die leer oor Jesus nie. So ’n persoon staan nie aan die kant van God nie.