2 Kings 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het ook weer 'n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En hy antwoord en sê vir hom: O man van God, so het die koning gesê: Kom gou af!
Afrikaans (NLV) 2011
“Man van God, die koning sê jy moet dadelik afkom!”
Afrikaans 1933/1953
En hy het weer 'n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!
Afrikaans 1983
Die koning stuur toe 'n ander offisier met vyftig man na Elia toe om hom te beveel: “Man van God, die koning sê: jy moet vinnig na hom toe kom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop stuur die koning weer 'n ander aanvoerder van vyftig met sy vyftig man na Elia. Hy gaan toe op en sê vir hom: “Man van God, so sê die koning, ‘Kom dadelik af!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het 'n ander offisier en 50 manne gestuur. Die offisier het vir Elia gesê: “Man van God, die koning sê jy moet gou maak en afkom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het die koning nóg ’n offisier met 50 manskappe gestuur. Hy het vir Elia gesê: “Man van God, die koning sê jy moet vinnig afkom!”