2 Kings 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Elía antwoord en sê vir hulle: As ek 'n man van God is, laat daar vuur uit die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer. En die vuur van God het uit die hemel neergedaal en hom en sy vyftig verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Elia antwoord hom: “As ek dan ’n man van God is, laat daar vuur uit die hemel kom en jou en jou 50 manne verteer!” Weereens het daar vuur van God uit die hemel gekom en die offisier en sy manskappe verteer.
Afrikaans 1933/1953
Daarop antwoord El¡a en sê vir hulle: As ek 'n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
Afrikaans 1983
Elia het hom geantwoord: “So seker as ek 'n man van God is, daar sal vuur uit die hemel uit afkom en jou en jou vyftig man verteer!” Daar het toe 'n vuur van God uit die hemel uit afgekom en dit het die offisier en sy vyftig man verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elia het geantwoord en vir hulle gesê: “As ek 'n man van God is, mag daar vuur uit die hemel afkom en jou en jou vyftig man verteer!” Daar kom toe vuur van God uit die hemel af en verteer hom en sy vyftig man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elia het geantwoord en vir die offisier gesê: “As ek 'n man van God is, dan sal daar vuur afkom uit die lug en die vuur sal jou en jou 50 manne verbrand.” En toe kom daar vuur van God uit die lug en dit verbrand die offisier en sy 50 manne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elia het weer geantwoord: “As ek ’n man van God is, laat daar dan vuur uit die hemel afkom om jou en jou 50 manskappe te verteer.” God het toe weer vuur uit die hemel gestuur en almal verteer.