2 Kings 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, daar het vuur uit die hemel neergedaal en die twee owerstes van die vorige vyftigs met hulle vyftigs verbrand; daarom moet my lewe nou kosbaar wees in u oë.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk net hoe het die vuur uit die hemel die eerste twee offisiere en hulle manskappe verteer! Asseblief, spaar tog nou my lewe!”
Afrikaans 1933/1953
Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!
Afrikaans 1983
Daar het vuur uit die hemel uit afgekom en dit het die twee offisiere wat vroeër gekom het, saam met hulle manskappe verteer. Spaar nou asseblief my lewe!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, vuur het uit die hemel afgekom en die eerste twee aanvoerders van vyftig en hulle vyftig man verteer. Daarom, mag my lewe kosbaar wees in u oë!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek weet daar het vuur uit die lug gekom en dit het die eerste twee offisiere saam met hulle manne verbrand, maar jy moenie vir my laat sterf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Twee offisiere en 100 soldate het nou al doodgebrand. Ons is in u hand. Spaar ons lewe, asseblief!”