2 Kings 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die Engel van die HERE vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die engel van die Here vir Elia: “Jy hoef nie vir hom bang te wees nie. Klim af en gaan gerus saam met hom.” Elia het opgestaan en afgegaan na die koning toe.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die Engel van die HERE vir El¡a: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan
Afrikaans 1983
Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die Engel van die Here vir Elia: “Gaan saam met hom af; moenie vir hom bang wees nie.” Hy staan toe op en gaan saam met hom af na die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die engel van die Here het vir Elia gesê: “Gaan af saam met hom, jy moenie bang wees vir hom nie.” Elia het toe opgestaan en hy het saam met die offisier na die koning toe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Moenie bang wees nie, gaan saam met hom.” Elia het toe saam met hom na die koning toe gegaan.