2 Kings 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hom: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg, is dit nie omdat daar geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? daarom mag jy nie van daardie bed afklim waarop jy geklim het nie, maar jy sal sekerlik sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011
Elia sê vir die koning: “Dit is wat die Here sê: Hoekom stuur jy boodskappers na Baäl-Sebub die god van Ekron om te vra of jy gesond sal word? Is dit omdat daar geen God in Israel is wat jy kan raadpleeg nie? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie opstaan uit die bed waarop jy nou lê nie. Jy sal sekerlik sterf.”
Afrikaans 1933/1953
en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg -- is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? -- daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
Afrikaans 1983
Elia het vir die koning gesê: “So sê die Here: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub die god van Ekron te raadpleeg asof daar geen God in Israel is wat geraadpleeg kan word nie, sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy nou lê nie. Jy gaan sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elia het vir Ahasia gesê: “So sê die Here, ‘Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron te raadpleeg, asof daar geen God in Israel is wie se woord geraadpleeg kan word nie – daarom, hierdie bed waarop jy geklim het – jy sal daarvan nie weer afklim nie, want jy gaan beslis sterf.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elia het vir die koning gesê: “Die Here sê: Jy het boodskappers gestuur om vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, te vra wat sal gebeur. Dink jy daar is nie 'n God in die land Israel vir wie jy kan vra wat sal gebeur nie? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het vir die koning gesê: “Hier is die Here se boodskap vir jou: ‘Waarom het jy boodskappers na Baäl-Sebub, die god van Ekron, gestuur om te hoor of jy gesond gaan word? Is daar dan geen God in Israel wat jy kon raadpleeg nie? Jy sal nie gesond word nie. Jy gaan beslis sterf.’”