2 Kings 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ahásia het deur 'n tralie in sy bovertrek wat in Samaría was, geval en siek geword; en hy het boodskappers gestuur en vir hulle gesê: Gaan vra vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte sal herstel.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag het Ahasia deur die bokamer se traliewerk van die paleis in Samaria geval en homself ernstig beseer. Hy stuur toe boodskappers met die opdrag: “Gaan raadpleeg vir Baäl-Sebub die god van Ekron om te verneem of ek van hierdie besering sal herstel.”
Afrikaans 1933/1953
En Ah sia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samar¡a, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
Afrikaans 1983
Ahasia het in Samaria deur sy bokamer se traliewerk geval en hom ernstig beseer. Hy het boodskappers gestuur met die opdrag: “Gaan raadpleeg vir Baäl-Sebub die god van Ekron om te hoor of ek hierdie besering sal oorleef.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ahasia het deur die traliewerk van sy bovertrek in Samaria geval en is beseer. Hy het boodskappers gestuur met die opdrag: “Gaan doen navraag by •Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie besering sal herstel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Ahasia het deur die tralies van sy bo-kamer in Samaria geval en hy het seergekry. Hy het toe boodskappers gestuur en vir die boodskappers gesê: “Julle moet vir Baäl-Sebub, die god van die stad Ekron, gaan vra of ek sal lewe nadat ek so seergekry het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Israel se nuwe koning, Ahasia, het op ’n dag deur die traliewerk van ’n bokamer in sy paleis in Samaria geval. Hy het baie seergekry en dadelik boodskappers na die Filistynse stad Ekron gestuur om vir die priesters van hulle god Baäl-Sebub te vra of hy gesond sal word.