2 Kings 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die engel van die HERE het vir Elia die Tisbiet gesê: Staan op, gaan op om die boodskappers van die koning van Samaría te ontmoet en sê vir hulle: Is dit nie omdat daar geen God in Israel is nie, dat julle gaan om Baäl-Sebul te raadpleeg, die god van Ekron?
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die engel van die Here het vir Elia die Tisbiet gesê: “Gaan die boodskappers van die koning van Samaria tegemoet en vra vir hulle: ‘Hoekom gaan julle na Baäl-Sebub die god van Ekron om te vra of die koning gesond sal word? Is daar dan geen God in Israel nie?
Afrikaans 1933/1953
Maar die Engel van die HERE het vir El¡a, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samar¡a tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
Afrikaans 1983
Maar die Engel van die Here het vir Elia die Tisbiet gesê: “Loop gou die boodskappers van die koning van Samaria tegemoet en sê vir hulle: Is daar dan geen God in Israel nie dat julle vir Baäl-Sebub die god van Ekron gaan raadpleeg?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die •Engel van die Here het egter vir Elia, die man uit Tisbe, gesê: “Maak gereed, gaan die koning van Samaria se boodskappers tegemoet en sê vir hulle, ‘Is dit omdat daar geen God in Israel is nie dat julle op pad is om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het 'n engel van die Here vir Elia van die stad Tisbe gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet die boodskappers van die koning van Samaria gaan ontmoet. Jy moet vir hulle sê: Dink julle daar is nie 'n God in die land Israel nie? Hoekom gaan vra julle vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, wat sal gebeur?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Engel van die Here het vir Elia, wat van Tisbe af kom, gesê: “Gaan ontmoet die koning se boodskappers. Vra vir hulle: ‘Is daar dan geen God in Israel nie? Hoekom gaan julle Ekron toe om Baäl-Sebub daar te gaan raadpleeg?