2 Kings 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, nou, so sê die HERE: Jy mag nie afkom van daardie bed waarop jy geklim het nie, maar jy sal sekerlik sterwe. En Elia het weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sê die Here: ‘Jy sal nie opstaan uit die bed waarop jy lê nie. Jy sal sekerlik sterf.’” Elia het gegaan en die boodskap afgelewer.
Afrikaans 1933/1953
Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En El¡a het gegaan.
Afrikaans 1983
Daarom sê die Here vir die koning: Jy sal nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lê het nie. Jy gaan sterf.” Toe vertrek Elia,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, so sê die Here: “Daardie bed waarop jy geklim het – jy sal daarvan nie weer afklim nie, want jy gaan beslis sterf.” ’ ” Elia het toe gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê vir julle koning: Omdat jy vir die god van Ekron gaan vra het wat sal gebeur, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.” Elia het dit gesê, en toe het hy weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hier is ’n boodskap van die Here vir julle koning: Jy sal nie gesond word nie, jy gaan beslis sterf.’” Elia het die boodskap toe so gaan oordra.