2 Kings 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sê vir hom: Daar het 'n man opgekom ons tegemoet en vir ons gesê: Gaan, draai terug na die koning wat julle gestuur het en sê vir hom: So spreek die HERE: Is dit nie omdat daar geen God is nie in Israel, dat jy stuur om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? daarom mag jy nie afklim van daardie bed waarop jy geklim het nie, maar jy sal sekerlik sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle antwoord hom: “’n Man het ons teëgekom en gesê: ‘Gaan terug na die koning wat vir julle gestuur het en gee hom hierdie boodskap van die Here: Hoekom stuur jy boodskappers na Baäl-Sebub die god van Ekron om te vra of jy gesond sal word? Is dit omdat daar geen God in Israel is nie? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie opstaan uit die bed waarop jy lê nie. Jy sal sekerlik sterf.’”
Afrikaans 1933/1953
En hulle antwoord hom: 'n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
Afrikaans 1983
Hulle het hom geantwoord: “'n Man het ons tegemoet geloop en vir ons gesê: Gaan terug na die koning wat vir julle gestuur het en sê vir hom: So sê die Here: Is daar dan geen God in Israel nie dat jy boodskappers stuur om Baäl-Sebub die god van Ekron te raadpleeg? Daarom sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lê het nie. Jy gaan sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle antwoord hom: “'n Man het ons tegemoetgekom en vir ons gesê, ‘Gaan terug na die koning wat julle gestuur het en sê vir hom: “So sê die Here, ‘Is dit omdat daar geen God in Israel is nie dat u mense stuur om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom, daardie bed waarop jy geklim het – jy sal daarvan nie weer afklim nie, want jy gaan beslis sterf.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En toe sê die boodskappers vir die koning: “'n Man het ons kom ontmoet en hy het vir ons gesê: ‘Julle moet teruggaan na die koning toe wat julle gestuur het en julle moet vir hom sê die Here sê: Dink jy daar is nie 'n God in die land Israel nie? Hoekom gaan vra jy vir Baäl-Sebub, die god van Ekron, wat sal gebeur? Omdat jy dit gedoen het, sal jy nie afklim van die bed waarop jy gaan lê het nie, want jy sal sterf, dit is seker.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het geantwoord: “’n Man het na ons toe gekom en gesê: ‘Gaan terug na die koning wat julle gestuur het. Hier is ’n boodskap vir hom van die Here af: Is daar dan geen God in Israel nie? Hoekom gaan julle na Ekron toe om Baäl-Sebub daar te raadpleeg? Jy sal nie gesond word nie, jy gaan beslis sterf.’”