2 Kings 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle antwoord hom: Hy was 'n harige man en omgord met 'n leergordel om sy heupe. En hy sê: Dit is Elía, die Tisbiet.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle antwoord hom: “Dit was ’n harige man met ’n leergordel om sy middel.” “Dit is Elia die Tisbiet!” roep die koning uit.
Afrikaans 1933/1953
En hulle antwoord hom: 'n Man met 'n harige mantel en omgord met 'n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is El¡a, die Tisbiet!
Afrikaans 1983
Hulle het geantwoord: “Dit was 'n man met velklere aan en met 'n velgordel om sy middel.” Daarop sê die koning: “Dit moet Elia die Tisbiet wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle antwoord hom: “Dit was 'n man met 'n harige mantel en 'n leerskort om sy heupe gebind.” Toe sê die koning: “Dit is Elia, die man uit Tisbe!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het vir die koning gesê: “Die man het velklere aangehad en daar was 'n belt van vel om sy heupe.” Toe sê die koning: “Dit is Elia van die stad Tisbe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het geantwoord: “Hy het harige klere aangehad wat met ’n velgordel vasgemaak is.” “Dit is Elia van Tisbe!” het die koning uitgeroep.