2 Kings 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe stuur die koning 'n owerste van vyftig met sy vyftig na hom. En hy het opgegaan na hom, en kyk, hy het op die top van 'n heuwel gesit. En hy sê vir hom: Jy man van God, die koning het gesê: Klim af!
Afrikaans (NLV) 2011
Toe stuur hy ’n offisier met 50 soldate om Elia te vang. Hulle het hom gekry waar hy bo-op ’n heuwel gesit het. Die offisier sê vir hom: “Man van God, die koning het beveel dat jy moet afkom.”
Afrikaans 1933/1953
En hy het 'n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!
Afrikaans 1983
Hy stuur toe 'n offisier met vyftig manskappe na Elia toe. Die offisier het na Elia toe opgeklim waar hy op die top van 'n berg gesit het. Die offisier het vir hom gesê: “Man van God, die koning het beveel jy moet afkom na hom toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop stuur hy 'n •aanvoerder van vyftig met sy vyftig man na Elia. Hy het opgegaan na Elia, wat juis toe op die kruin van die berg gesit het. Hy sê toe vir hom: “Man van God, die koning gebied, ‘Kom af!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het toe 'n offisier en 50 manne gestuur, en hulle het opgeklim na Elia toe. Elia het bo-op die berg gesit. Die offisier het vir Elia gesê: “ Man van God, die koning sê jy moet afkom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het ’n offisier met 50 manskappe gestuur om Elia te gaan vang. Hulle het hom gekry waar hy op ’n bergtop sit. Die offisier het vir hom gesê: “Man van God, die koning sê jy moet afkom.”