2 Kings 15:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In die tweede jaar van Peka, die seun van Remalja, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Ussia, die koning van Juda, koning geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Jotam seun van Asarja het koning geword oor Juda in die tweede jaar van koning Peka se bewind oor Israel.
Afrikaans 1933/1953
In die tweede jaar van Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, koning geword.
Afrikaans 1983
In die tweede regeringsjaar van koning Peka van Israel, seun van Remalja, het Jotam seun van koning Ussia van Juda op die troon gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die tweede regeringsjaar van Peka, seun van Remalja, die koning van Israel, het Jotam, seun van Ussia, die koning van Juda, koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jotam seun van koning Ussia van Juda het koning geword in die tweede jaar nadat Peka seun van Remalja koning van Israel geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die tweede jaar wat koning Peka in Israel regeer het, het Jotam, die seun van Asarja, koning in Juda geword.