2 Kings 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Jy het iets moeiliks gevra; maar as jy my sien as ek van jou weggeneem word, sal dit met jou so wees; maar so nie, sal dit nie so wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Jy vra my ’n moeilike saak,” antwoord Elia. “As jy sien hoe ek van jou af weggeneem word, sal jy dit ontvang. As jy my nie sien nie, sal dit nie gebeur nie.”
Afrikaans 1933/1953
En hy sê: Jy het 'n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie.
Afrikaans 1983
Toe sê Elia: “Dis 'n moeilike ding wat jy vra. As jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, mag dit dan met jou gebeur; maar as jy my nie sien nie, sal dit nie gebeur nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop sê Elia: “Jy vra iets wat moeilik is. As jy my sien terwyl ek van jou af weggeneem word, mag dit dan vir jou so wees; maar indien nie, sal dit nie gebeur nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Elia: “Dit is 'n moeilike ding wat jy gevra het. As jy my sien wanneer die Here my wegneem, dan sal jy dit kry, maar as jy my nie sien nie, dan sal jy dit nie kry nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elia sê toe: “Jy het iets moeiliks gevra. As jy my kan sien wanneer ek van jou af weggaan, sal dit gebeur. Maar as jy my nie kan sien nie, sal dit nie gebeur nie.”