2 Kings 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl hulle nog voortgaan en praat, het daar 'n wa van vuur en perde van vuur verskyn en hulle altwee uitmekaar geskeur; en Elia het in 'n warrelwind na die hemel opgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl hulle nog so aanstap en gesels, verskyn daar skielik ’n wa van vuur, getrek deur perde van vuur. Dit het hulle van mekaar geskei. Elia is in ’n stormwind opgeneem na die hemel toe.
Afrikaans 1933/1953
En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en El¡a het in die storm na die hemel opgevaar.
Afrikaans 1983
Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik 'n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in 'n stormwind op, die hemel in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl hulle nog so loop en praat, is daar skielik 'n strydwa van vuur en perde van vuur! Dit het skeiding gebring tussen hulle twee, en Elia het in die stormwind opgegaan na die hemel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Terwyl hulle geloop en praat het, het daar skielik 'n oorlogkar en perde van vuur tussen Elia en Elisa gekom, en Elia het in 'n stormwind opgegaan in die lug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl hulle so geloop en praat het, kom daar skielik ’n wa van vuur, getrek deur perde van vuur, tussen hulle twee in. Elia is só in ’n stormwind na die hemel toe weggeneem.