2 Kings 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het ook die mantel van Elía wat van hom afgeval het opgeneem en teruggegaan en by die wal van die Jordaan gaan staan;
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Elia se mantel het afgeval en Elisa het dit opgetel. Toe gaan hy terug en gaan staan by die wal van die Jordaanrivier.
Afrikaans 1933/1953
Daarna tel hy die mantel van El¡a op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan;
Afrikaans 1983
Hy het die mantel wat van Elia afgeval het, opgetel en weer op die wal van die Jordaan gaan staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het Elia se mantel wat van hom afgeval het, opgetel, omgedraai en by die kant van die Jordaan gaan staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het hy die bo-kleed opgetel wat afgeval het van Elia, en hy het weer op die wal van die Jordaan-rivier gaan staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elia se mantel het in die harwar van hom afgeval. Elisa het dit opgetel en na die Jordaanrivier teruggegaan.