2 Kings 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle hom aanspoor totdat hy skaam was, sê hy: Stuur! Hulle het dan vyftig man gestuur; en hulle het drie dae gesoek, maar hom nie gekry nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het egter aangehou sodat hy moes toegee: “Goed, stuur hulle maar.” Die 50 manne het drie dae lank gesoek, maar kon nie vir Elia opspoor nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en die het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.
Afrikaans 1983
Maar hulle het by hom bly aandring totdat hy nie meer kon weier nie, en toe sê hy: “Stuur hulle dan maar.” Hulle het vyftig man gestuur, maar hoewel hulle drie dae lank gesoek het, kon hulle Elia nie kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het egter by hom aangedring totdat hy verleë geraak het, en sê: “Stuur dan maar!” Daarop het hulle vyftig man gestuur wat drie dae lank gesoek het, maar hulle kon hom nie kry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die profete het aangehou om dit vir Elisa te vra, en hy het later nie geweet wat om te doen nie. Hy sê toe: “Goed, stuur hulle.” Hulle het die 50 manne gestuur, en hulle het drie dae lank na Elia gesoek, maar hulle het hom nie gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hulle het só aangehou dat hy later ingestem het. Die 50 manne het drie dae lank na Elia gesoek, maar hom nie gekry nie.