2 Kings 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle by hom kom, want hy het in Jérigo gebly, sê hy vir hulle: Het ek nie vir julle gesê: Gaan nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Elisa was nog in Jerigo toe hulle terugkom. “Het ek dan nie vir julle gesê julle moenie gaan nie?” vra hy.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in J,rigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie?
Afrikaans 1983
Toe hulle terugkom in Jerigo waar Elisa oorgebly het, het hy vir hulle gesê: “Het ek nie vir julle gesê julle moenie gaan nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het teruggekeer na Elisa terwyl hy nog in Jerigo gebly het, en hy het vir hulle gesê: “Het ek nie vir julle gesê, ‘Moenie gaan nie?’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het hulle teruggekom na Elisa toe. Elisa het in Jerigo gebly. Hy het vir hulle gesê: “Ek het gesê julle moenie gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elisa was nog in Jerigo toe hulle teruggekom het. Hy vra hulle toe: “Het ek nie gesê julle kan dit maar los nie?”