2 Kings 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die manne van die stad vir Elísa: Kyk tog, die toestand van hierdie stad is aangenaam, soos my heer sien, maar die water is niks en die grond onvrugbaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Die inwoners van Jerigo het Elisa besoek en gesê: “Hierdie dorp is in ’n pragtige omgewing geleë, soos u self kan sien. Maar die water is onbruikbaar en die landerye is onvrugbaar.”
Afrikaans 1933/1953
En die manne van die stad het vir El¡sa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.
Afrikaans 1983
Die inwoners van die stad het vir Elisa gesê: “U sien self hoe mooi ons stad geleë is, maar die water is giftig en die oes uit die grond veroorsaak misgeboortes.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die manne van die dorp het vir Elisa gesê: “Kyk, die ligging van die dorp is goed, soos my heer kan sien; maar die water is sleg en die grond veroorsaak misgeboortes.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die leiers van die stad Jerigo het vir Elisa gesê: “Meneer, jy kan sien dat die stad op 'n mooi plek gebou is, maar die water hier is sleg en dit maak die grond onvrugbaar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense van Jerigo het vir Elisa gesê: “Ons het ’n probleem. Soos jy kan sien, is ons dorp mooi geleë, maar die water is sleg. Dit veroorsaak onvrugbaarheid by mens en dier.”