2 Kings 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die profete-seuns wat in Bet-el was, het na Elisa uitgegaan en vir hom gesê: Weet jy dat die HERE vandag jou heer van jou hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ja, ek weet dit; swyg.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Groep profete uit Bet-El het na Elisa toe gekom en vir hom gevra: “Het jy geweet dat die Here vandag jou leermeester van jou gaan wegneem?” “Natuurlik weet ek dit,” antwoord hy. “Bly net stil!”
Afrikaans 1933/1953
Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na El¡sa uit en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
Afrikaans 1983
Die profete wat in Bet-El was, het na Elisa toe gegaan en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?” Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die profetegroep wat in Bet-El was, het na Elisa uitgegaan en vir hom gevra: “Weet u dat die Here vandag u heer bo u kop gaan wegneem?” Hy het geantwoord: “Ek weet dit ook. Bly net stil!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar het profete van Bet-El na Elisa toe gekom en hulle het vir hom gesê: “Weet jy dat die Here vandag jou meneer sal wegneem van jou?” Elisa het gesê: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Groep profete wat in Bet-El gewoon het, het vir Elisa gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leier na Hom toe gaan wegneem?” “Natuurlik weet ek dit,” antwoord hy, “maar moenie daaroor praat nie!”