2 Kings 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Elía sê vir hom: Elisa, bly tog hier; want die HERE het my na Jérigo gestuur. En hy sê: So waar as die HERE leef en jou siel leef, ek sal jou nie verlaat nie. Hulle het toe in Jerigo gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Elia vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na Jerigo toe.” Maar Elisa het weer geantwoord: “So waar as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle het toe saam in Jerigo aangekom.
Afrikaans 1933/1953
En El¡a sê vir hom: El¡sa, bly tog hier, want die HERE stuur my na J,rigo. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in J,rigo aangekom.
Afrikaans 1983
Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na Jerigo toe.” Maar Elisa het geantwoord: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle het saam in Jerigo aangekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elia sê toe vir hom: “Elisa, bly asseblief hier, want die Here stuur my na Jerigo. ” Maar hy het geantwoord: “So waar as die Here leef, en u leef, ek sal u nie verlaat nie!” Toe hulle in Jerigo aankom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elia het vir hom gesê: “Elisa, jy moet asseblief hier bly, want die Here stuur my na die stad Jerigo.” Maar Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal jou nie alleen los nie.” Hulle het toe by Jerigo gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my Jerigo toe.” Elisa het weer geantwoord: “So seker as die Here en u leef, ek sal u vir seker nie alleen laat gaan nie.” Hulle het toe Jerigo toe gegaan.