2 Kings 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Elía vir hom: Bly tog hier; want die HERE het my na die Jordaan gestuur. En hy sê: So waar as die HERE leef en jou siel leef, ek sal jou nie verlaat nie. En hulle twee het verder gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Elia vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na die Jordaanrivier toe.” Maar Elisa het weer geantwoord: “So waar as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle het toe saam verder gegaan.
Afrikaans 1933/1953
En El¡a sê vir hom: Bly tog hier, want die HERE stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.
Afrikaans 1983
Elia sê toe vir hom: “Bly hier, want die Here stuur my na die Jordaan toe.” Maar Elisa het geantwoord: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle twee is toe saam verder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elia het weer vir hom gesê: “Bly asseblief hier, want die Here stuur my na die Jordaan toe.” Maar hy het geantwoord: “So waar as die Here leef, en u leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hulle twee het toe verder gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elia het vir Elisa gesê: “Jy moet asseblief hier bly, want die Here stuur my na die Jordaan-rivier.” Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal jou nie alleen los nie.” Hulle het toe verder geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elia sê toe ’n derde keer vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na die Jordaanrivier toe.” Elisa het weer geantwoord: “So seker as die Here en u leef, ek sal u vir seker nie alleen laat gaan nie!” Die twee van hulle het toe vertrek.