2 Kings 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En vyftig man van die profete-seuns het gegaan en gaan staan om van ver af te kyk, en hulle twee het by die Jordaan gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Uit die groep profete het 50 mans ook saamgegaan en op ’n afstand, teenoor die plek waar Elia en Elisa by die Jordaanrivier was, gaan staan.
Afrikaans 1933/1953
En vyftig man van die profete-seuns het geloop en op 'n afstand eenkant gestaan, terwyl hulle twee by die Jordaan staan.
Afrikaans 1983
'n Vyftigtal van die profete is agterna en het op 'n afstand gaan staan regoor die plek waar Elia langs die Jordaan gestaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vyftig man van die profetegroep het ook gegaan en teenoor hulle op 'n afstand bly staan. Hulle twee het langs die Jordaan gestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elia en Elisa het by die Jordaan-rivier gaan staan, en 50 van die profete het verder weg gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Groep van omtrent 50 profete het hulle gevolg en op ’n afstand gekyk wat hulle by die rivier doen.