2 Kings 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Elía het sy mantel geneem en dit toegedraai en die waters getref, en dit is hierheen en daarheen verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011
Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het weerskante toe verdeel sodat die twee droogvoets deur die rivier kon gaan.
Afrikaans 1933/1953
Toe neem El¡a sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.
Afrikaans 1983
Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na links en na regs verdeel, sodat hulle twee op droë grond daar deur is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na weerskante verdeel, en hulle twee het op droë grond oorgegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elia het sy bo-kleed geneem en hy het dit opgerol en daarmee op die water geslaan. Toe het daar 'n pad deur die rivier gekom, en Elia en Elisa het op droë grond deur die rivier geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elia het sy mantel opgerol en daarmee op die water geslaan. Dit het die water laat verdeel en hulle twee het droogvoets deur die rivier gestap.