2 Kings 20:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En voordat Jesaja in die middelste voorhof uitgegaan het, het die woord van die HERE tot hom gekom en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
Jesaja was skaars weg, toe sê die Here vir hom:
Afrikaans 1933/1953
En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê:
Afrikaans 1983
Jesaja was nog nie die binneplein van die stad oor nie toe die woord van die Here tot hom kom en sê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesaja was nog nie by die middelste voorhof uit nie, toe die woord van die Here tot hom kom en sê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voordat Jesaja verby die oop stuk grond binne-in die stad geloop het, het die Here met hom gepraat. Die Here het vir hom gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nog voordat Jesaja oor die middelste plein geloop het, het hy weer ’n boodskap van die Here gekry: