2 Kings 21:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos sy pa Manasse gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het.
Afrikaans 1983
Amon het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos Manasse, sy pa, gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, soos sy vader Manasse gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Amon het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos sy pa Manasse gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here was nie tevrede met wat Amon gedoen het nie, net soos die Here nie tevrede was met sy pa, Manasse, se optrede nie.