2 Kings 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het selfs afgodsaltare opgerig in die tempel van die Here, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem wil Ek my Naam vestig.”
Afrikaans 1933/1953
ook het hy altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.
Afrikaans 1983
Hy het selfs afgodsaltare gebou in die huis van die Here, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem wil Ek my Naam vestig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het selfs altare in die huis van die Here gebou, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het vir hulle altare gebou by die tempel. Die Here het voorheen van hierdie tempel gesê: “Hier in Jerusalem wil Ek woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
selfs binne-in die Here se tempel altare vir afgode gebou, in Jerusalem (dit is die plek waarvan die Here gepraat het toe Hy gesê het: “Ek vestig my Naam in Jerusalem”);