2 Kings 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning van Babel het Mattanja, die broer van sy vader, in sy plek koning gemaak en sy naam verander na Sedekía.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het die koning van Babel vir Mattanja, Jojagin se oom, as koning aangestel en sy naam na Sedekia verander.
Afrikaans 1933/1953
En die koning van Babel het Matt nja, die oom van Jojagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in Sedek¡a.
Afrikaans 1983
Hy het vir Mattanja, 'n oom van Jojagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander na Sedekia.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning van Babilonië het toe Mattanja, Jojagin se oom, in sy plek koning gemaak, en sy naam verander na Sedekia.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning van Babel het Jojagin se oom Mattanja koning gemaak en hy het Mattanja se naam verander, hy het hom die naam Sedekia gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het toe vir Mattanja, ’n oom van Jojagin, in Jerusalem koning gemaak en sy naam verander na Sedekia.