2 Kings 25:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die owerste van die lyfwag het van die armes van die land agtergelaat as wynboere en landbouers.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het die armste mense in Juda laat agterbly om die wingerde en landerye te bewerk.
Afrikaans 1933/1953
Maar uit die armes van die land het die owerste van die lyfwag sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers.
Afrikaans 1983
Net die armste mense van die land het hy laat agterbly om die wingerde en die lande te bewerk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar van die armes in die land het die aanvoerder van die lyfwag agtergelaat as wingerdboere en landbouers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nebusaradan het net die armste mense van die land daar laat bly om in die wingerde en op die koringlande te werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Net ’n paar van die armstes het in die land gebly om op die lande en in die wingerde te werk.