2 Kings 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die môre vroeg opgestaan, en die son het oor die water geskyn, en die Moabiete het die water oorkant gesien so rooi soos bloed.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hulle die oggend opstaan, het die son oor die water geskyn sodat dit so rooi soos bloed gelyk het.
Afrikaans 1933/1953
Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op 'n afstand die water rooi soos bloed.
Afrikaans 1983
Toe hulle vroeg die volgende môre opstaan, net toe die son opkom oor die water, sien die Moabiete die water oorkant hulle, rooi soos bloed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het vroeg die oggend opgestaan, en toe die son op die water skyn, sien die Moabiete die water van die ander kant af – rooi soos bloed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, het die son op die water geskyn, en die Moabiete het gedink die water is rooi van die bloed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hulle daardie oggend opstaan, het die son oor die water geskyn; dit het soos bloed gelyk.