2 Kings 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Jehu by die poort ingaan, sê sy: Het Simri vrede gehad, wat sy heer gedood het?
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Jehu die poort binnekom, roep sy na hom: “Kom jy in vrede, jou moordenaar? Jy is nes Simri wat sy koning vermoor het.”
Afrikaans 1933/1953
Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer?
Afrikaans 1983
Toe Jehu by die poort inkom, het sy vir hom gesê: “Kom jy in vrede, Simri, koningsmoordenaar?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl Jehu by die stadspoort inkom, sê sy: “Is alles reg, Simri, moordenaar van sy heer? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Jehu by die poort kom, het Isebel gesê: “Wat is jou probleem? Jy is soos Simri, jy het ook jou koning vermoor.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Jehu by die stadspoort inkom, het sy vir hom gevra: “Kom jy in vrede, moordenaar? Jy is net soos Simri wat sy heer vermoor het.”