2 Peter 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, ek dink dit is goed om, solank as wat ek in hierdie tabernakel is, jou op te wek deur jou in herinnering te bring;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek beskou dit inderdaad as my plig om julle hieraan te herinner so lank as wat ek nog lewe.
Afrikaans 1933/1953
En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,
Afrikaans 1983
Ek ag dit immers my plig om julle aan te spoor deur julle hieraan te herinner so lank as ek nog lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek beskou dit as gepas om julle deur herinnering op te skerp, so lank as wat ek nog in hierdie tentwoning verkeer;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek dink dit is reg dat ek vir julle moet sê dat julle moet onthou om aan hierdie dinge te dink, ek moet dit sê terwyl ek nog lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dis my roeping om julle aan te moedig deur julle te herinner hoe om te leef so lank as wat ek nog hier is.