2 Peter 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat ek weet dat ek binnekort hierdie tabernakel van my moet aflê, soos onse Here Jesus Christus my getoon het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons Here Jesus het dit egter aan my bekendgemaak dat ek binnekort gaan sterf.
Afrikaans 1933/1953
omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.
Afrikaans 1983
Ek weet dat my dood nie meer ver is nie. Ons Here Jesus Christus het dit trouens duidelik aan my bekend gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want ek weet dat my tentwoning binnekort afgebreek sal word – soos ons Here Jesus Christus dit ook aan my duidelik gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want ek weet dat ek nie meer lank sal lewe nie, ons Here Jesus Christus het dit vir my gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ongelukkig sal dit nie meer te lank wees nie, want my dood is voor die deur. Ons Here Jesus Christus het dit duidelik vir my gewys.