2 Peter 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe so 'n stem uit die voortreflike heerlikheid na Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
Afrikaans (NLV) 2011
Dis mos Hý wat eer en heerlikheid van God die Vader ontvang het toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Hý is my Seun wat Ek van harte liefhet; Hy is ’n kind so na my hart!”
Afrikaans 1933/1953
want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
Afrikaans 1983
Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat Hy van God die Vader eer en heerlikheid ontvang het, toe die luisterryke Majesteit die stem tot Hom laat kom het wat sê, “Hy is my Seun, my geliefde Seun, in wie Ek My verbly,”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God die Vader het vir Jesus eer gegee en God het vir Jesus Koning gemaak. God is self die Groot Koning, en Hy het gesê: “ Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Onthou julle toe Christus op die berg saam met Moses en Elia was? God het vir Christus daar met groot eer en heerlikheid bekroon. Die Allerhoogste het uit die hemel gepraat en gesê: “Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Ek is baie bly oor Hom.”