2 Peter 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hierdie stem wat uit die hemel gekom het, het ons gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het self hierdie stem uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
Afrikaans 1933/1953
En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
Afrikaans 1983
Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het ook ons daardie stem gehoor wat uit die hemel kom, terwyl ons saam met Hom op die heilige berg was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En ons het self gehoor dat God uit die hemel praat, ons het dit gehoor toe ons saam met Jesus op die gewyde berg was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op daardie heilige berg het ek met my eie ore God se stem gehoor.