2 Peter 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Genade en vrede word vir julle vermenigvuldig deur die kennis van God en van Jesus, onse Here,
Afrikaans (NLV) 2011
Mag die genade en vrede van God steeds meer en meer julle deel wees deurdat julle God en Jesus Christus ons Here regtig ken.
Afrikaans 1933/1953
Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!
Afrikaans 1983
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word, deur julle kennis van God en van Jesus, ons Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons bid dat God genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle baie vrede sal gee. Hy sal dit doen omdat julle vir God en Jesus ons Here reg leer ken het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek bid dat God se oorvloedige goedheid en vrede julle lewens sal oorspoel! Mag julle kennis van God en van Jesus ons Here julle help om al hierdie hemelse gawes meer te beleef.