2 Peter 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos sy goddelike krag aan ons alles gegee het wat tot lewe en godsaligheid behoort, deur die kennis van Hom wat ons geroep het tot heerlikheid en deug:
Afrikaans (NLV) 2011
Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang!
Afrikaans 1933/1953
Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,
Afrikaans 1983
Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy goddelike krag het ons immers reeds alles gegee wat ons nodig het vir 'n godvresende lewe, deur die kennis van Hom wat ons deur sy majesteit en goddelike krag geroep het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is sterk en Hy het vir ons alles gegee wat ons nodig het om so te lewe dat ons Hom kan dien. Ons kán so lewe omdat ons Hom ken. Hy het ons gekies om aan Hom te behoort, want Hy is die Koning en Hy doen groot dinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here se hemelse krag het alles vir ons gegee wat ons nodig het om elke dag reg te leef en in ’n persoonlike verhouding met Hom te staan. Ons ken God nou op ’n totaal nuwe manier. Hyself wat so vol heerlikheid en grootheid is, het ons elkeen geroep om in Hom te glo.