2 Peter 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En behalwe dit, met alle ywer, voeg by julle geloof deug by; en tot deugdekennis;
Afrikaans (NLV) 2011
Juis om hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het. Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. ’n Goeie leefstyl bring weer mee dat jy God beter leer ken.
Afrikaans 1933/1953
En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,
Afrikaans 1983
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Lê juis daarom alle ywer aan die dag om by julle geloof deug te voeg, by deug, insig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het baie dinge vir julle gedoen, en daarom moet julle hard probeer om nie net te glo in Hom nie, maar ook om goeie dinge vir ander mense te doen en om wyse mense te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie ’n enkele oomblik agteroor sit nie. Sorg dat julle geloof in Christus elke dag sterker word. Gaan só te werk: Span julle in om altyd net die regte dinge te doen. Saam met hierdie ywer moet julle ook kennis hê. Sorg dat julle die Here goed ken.