2 Peter 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as hierdie dinge in julle is en toeneem, dan maak dit julle nie onvrugbaar of onvrugbaar in die kennis van onse Here Jesus Christus nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe meer julle op hierdie wyse groei, hoe meer sal die feit dat julle ons Here Jesus Christus ken, veroorsaak dat julle nie nutteloos en geestelik onproduktief is nie.
Afrikaans 1933/1953
Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;
Afrikaans 1983
As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Immers, wanneer julle oor hierdie eienskappe beskik, en daarin toeneem, sal dit daartoe lei dat julle nie nutteloos en sonder vrug is, wat julle kennis van ons Here Jesus •Christus betref nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As julle hierdie dinge doen en dit meer en meer doen, dan doen julle dinge wat vir mense kan help en dan sal julle slaag met alles wat julle doen omdat julle ons Here Jesus Christus goed ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle al hierdie dinge doen, as julle al hoe meer leef soos die Here dit van ons verwag, sal julle nooit verveeld rondsit nie. Dan sal daar nooit ’n dag verbygaan dat julle nie voluit vir ons Here Jesus Christus leef nie. Julle kennis van Hom sal sommer baie vrug dra in julle lewe.