2 Peter 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy wat hierdie dinge kortkom, is blind en kan nie ver sien nie, en het vergeet dat hy gereinig is van sy ou sondes.
Afrikaans (NLV) 2011
Mense wie se lewe nie wys dat God se beloftes in hulle waar geword het nie, is blind, of — ten minste — kortsigtig. Hulle het klaar vergeet dat God hulle gereinig het van hulle vorige sondige leefstyl.
Afrikaans 1933/1953
want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.
Afrikaans 1983
Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want die een by wie hierdie dinge ontbreek, is blind en kortsigtig, en het vergeet dat hy van sy vorige sondes gereinig is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want as 'n mens hierdie dinge nie doen nie, dan is hy soos iemand wat baie sleg sien, so sleg dat hy geestelik blind is. Ja, iemand wat nie hierdie dinge doen nie, het vergeet dat God hom gereinig het van die sondes wat hy voorheen gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gelowiges wat hierdie dinge nie hulle eie maak nie en wat nie voluit vir die Here leef nie, is soos mense met ’n oogprobleem. Hulle kan nie goed sien nie. Nog erger, hulle is heeltemal blind. Hulle het klaar vergeet hoe Christus hulle van al hulle sondes skoongewas het toe hulle tot bekering gekom het.